News

Meer as 1000 neem deel aan Laerskool Dennesig se gewilde aandresies

Laerskool Dennesig se gewilde aandwedloop het vanjaar meer as 1000 inskrywings getrek na twee jaar se onaktiwiteit by skole weens Covid-19 regulasies.

Dinge vorder stadig maar seker weer terug na normaal en Middelburgers is veral honger vir sportaksie.

Die Dennies nagresies was oudergewoonte propvol gees, soos die liggaamsbouer in ’n tutu en hordes kinders brille en muisore van glimstokkies.

Middelburg Primary het ’n sterk opkoms gehad terwyl twee leerlinge van Laerskool Dennesig die eerste en tweede plekke in die 5km afstand behaal het.

Hoërskool Kanonkop se kanon was ook weer ingespan om vir die afsit van hardlopers en stappers.

Die Dennesig aandresies is een van die dorp se sportkalender se hoogtepunte en dis duidelik waarom.

Vanjaar se samehorigheid was tasbaar!

Die skool bedank almal, van beamptes, prefekte, ouers en deelnemers vir die ondersteuning.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button