News

Motorfietse, bergfietse gebuit tydens gewapende roof op Sable Valley

Drie mans, twee gewapen, het die sekuriteitswag op die plaas oorval, hom vasgebind en sy foon en geld geroof.

Die plaas Sable Valley is vroeg vanmore weer beroof deur drie mans wat net na middernag op die plaas toegeslaan het.

Drie mans, twee gewapen, het die sekuriteitswag op die plaas oorval, hom vasgebind en sy foon en geld geroof.

Die sekuriteitswag is ook gedwing om sy skoene uit te trek voordat die rowers hom beveel het om hulle te help om die gesteelde goedere na ’n bakkie te vervoer.

Die rowers en die wag het grensdrade op twee nabure plase geknip en oor die grond met hul buit beweeg.

Die trio het die sekuriteitswag by Nasane-boerdery, ’n skaapplaas in die omgewing, vrygelaat waar die gesteelde items, twee TTX 125cc motorfietse en drie bergfietse, op ’n wit bakkie gelaai is.

Die bakkie was by watertenks op die plaas geparkeer.

Die wag is vroeg vanmore deur ’n boer gevind en die saak is toe aangemeld.

Die sekuriteitswag is nie in die voorval beseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button