News

VIDEO: Angswekkende beelde toe onderwysers op pad vanaf atletiek op N4 beroof word

‘n Groep onderwysers is Vrydagaand omstreek 23:00 op pad terug na Hoërskool Ermelo deur ‘n groep gewapende rowers, wat op die bestuurder van die bussie losgebrand het, oorval en beroof.

Skrikwekkende videomateriaal vanuit die binnekant van die bussie het die angswekkende rooftog opgeneem.

Die vier vroue en twee mansonderwysers van Ermelo was was vroeër by ‘n atletiekbyeenkoms op Midstream en onderweg huistoe, toe die bussie oor klippe wat deur die rowers in die pad gegooi is, gery het.

Die voorval het sowat 30km voor Witbank plaasgevind. Die bussie het gaan staan met ‘n pap wiel, toe die bestuurder Johan du Plooy en kollega Eben Jonker uitgeklim het om die band te ruil.

Hulle is buite die bussie deur ‘n groep van tussen vier en ses rowers oorval. ‘n Wapen is teen mnr. Jonker se nek gedruk terwyl ‘n ander rower die wapen op mnr. Du Plooy se bors gerig, en die sneller getrek het.

Die skoot het egter nie afgegaan nie en die rower het mnr. Du Plooy toe met die wapen oor die kop geslaan.

Twee skote is hierna afgevuur maar gelukkig is niemand in die geselskap getref nie. Een van die onderwyseresse het haar verloofde geskakel om hom van die pap band in te lig, toe die rowers toeslaan.

Een van die rowers met wapen in die hand.

Sy het skielik oor die foon geskreeu, “hijackers, hijacker help!” voordat haar foon skielik afgegaan het.

Die onderwyseres se verloofde het dadelik ‘n vriend van hom, Rico Lohmann van Acsu Anti-crime Security van Hendrina geskakel en gepleit vir bystand op die toneel.

Mnr. Lohmann het hom dadelik na die toneel gehaas en op pad daarheen ook die eMalahleni polisie geskakel wat ook uit is na die toneel.

Op die toneel het mnr. Lohmann gehelp om die bussie se wiel te ruil en die geskokte geselskap terugbegelei na die skool.

Hy sê dat almal in die bus aan skok gely het maar verder ongedeerd was.

Die rowers het almal van hul fone en die vroue se handsakke beroof. Die verloofde van die man wat mnr. Lohmann ontbied het het haar verloofring in haar onderklere versteek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button