News

Boewe gebruik nie net Temik-gif, maar glasstukke om honde dood te maak

Die gifstrooiers is weer bedrywig in Middelburg en ’n GPF-lid waarsku dat hulle waarskynlik agter motorfietse, kwads of wiele aan is.

Deur die jare is daar honderde honde in Middelburg vergiftig en het daar gewoonlik kort daarna ’n inbraak of diefstal van ’n motorfiets gevolg. Die afgelope meer as ’n jaar spits die boosdoeners hulle ook op wiele en waterponies (Jetski’s) toe.

’n Paar maande was dit stil, maar sedert verlede verlede Woensdag is daar by drie huise honde vergiftig.

Verlede Woensdag is daar ’n hond vergiftig in Pongolastraat (Aerorand). Hiertydens het die boewe ook die elektriese heining geknip.

Saterdagoggend is ’n hond ingevat na die Dierebeskermingsvereniging.

Lees ook: Vier gifstrooiers wat Dennesig honde vergiftig op CCTV vasgelê

“Met die dier se aankoms kon ek nie eers ’n aar kry nie. Hy het hom uitgebloei,” het senior inspekteur Petro Oberholzer gesê.

Dit is nie die tipiese tekens van die bekende Temik-gif (ook Two Step gif genoem weens die vinnig werking daarvan) nie. Beide snr-insp. Oberholzer en mnr. Bernard van der Berg (lid van die gemeenskapspolisiëringsforum sektor 3.4) glo die booswigte het in dié geval vir die hond vleis met glasstukke in gegee het, wat tot die erge bloeding en vrekte gelei het.

Lees ook: Honde vergiftig – vierwiel gesteel in Dennesig

Die eienaars van die hond bly in Kwartsstraat (Mineralia).

Later dieselfde dag het ’n inwoner van Roggeveldstraat (Aerorand) laat weet dat beide sy honde vergiftig is. Hy het sy honde in die veld naby sy huis gekry. Beide honde het reeds gevrek teen die tyd wat hy hulle gekry het.

Snr-insp. Oberholzer vra die gemeenskap om hul diere, waar moontlik, in die nagte in hul huise of in motorhuise te laat slaap of agter in die erf. Hulle moet ook gereeld hul erwe fynkam vir gif of ander vreemde artikels.

Lees ook: Honde vergiftig vir motorfiets

Mnr. Van der Berg sê hulle as GPF-lede in die verlede opgemerk dat wanneer honde vergiftig word, dat daar kort daarna diefstalle volg van veral motorfietse en wiele word gesteel.

Hy het voorgestel dat mense geaktiveerde steenkool in die huis hou vir gevalle waar hulle die honde betyds vind. Hy is ook die voorsitter van die DBV-komitee. Snr-inspekteur Oberholzer sê egter dat wanneer daar bloeding is, sal die geaktiveerde steenkool nie help nie.

Lees ook: Honde vergiftig – boewe wil hul uit die pad kry vir inbrake waarsku GPF

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button