Goeie rede om Tuks vanaand te ondersteun
Die gewilde Varsitybeker skop vanaand af, met ’n watertand wedstryd tussen die twee ou aartsvyande, Maties en Tukkies, wat mekaar in Pretoria pak.
Soos dit al tradisie is, is daar ’n Middelburger in Tuks se span.
Die haker, Edwin Till, volg in die voetspore van Danie Faasen en Marius Verwey. Faasen het op skrumskakel vir Tuks uitgedraf en Verwey was slot en kaptein van die Pretoriase studente.
Till is ’n oud HTS Middelburg voorry en haker en het ook vir die Pumas uitgedraf. Hy is op die plaasvervangerbank gekies vir vanaand se kragmeting, wat om 19:00 afskop en regstreeks op SuperSport gebeeldsend word.
UP-Tuks: Kabelo Mokoena, Stefan Coetzee, Lincoln Daniels (k), Keane Galant, Tharquinn Manuel, Jandré Burger, Clyde Lewis, Eduan Lubbe, Orateng Koikanyang, Divan Venter, Mihlali Stamper, Dawid Meiring, Daniël Wessels, Werner Fourie, Andre van der Merwe. Plaasvervangers: Allister Williams, Edwin Till, Ethan Burger, Dian Schoonees, Hilton Gie, Ambesa Zenzile, Zandré Kruger, Campwill Willemse.
Maties: Navaldo Fleurs, Marcqiewn Titus, Anton du Toit, Taigh Schoor, Mike Mavovana, Adriaan van der Bank (k), Eduan Smit, Louw Nel, Marco van Rhyn, Gift Dlamini, Matt Gray, Juan Beukes, Matimu Manganyi, Chris Rossouw, Rhynardt Rijnsburger. Plaasvervangers: Sean Swart, Wian van Zyl, Vernon Matongo, Jesse Johnson, Siya Matanda, Mckyle Volmoer, Jurie Mathee.
