News

Videomatriaal wys hoe man voor bakkie inloop

’n Paneelbord kamera het vanmiddag opgeneem hoe ’n man voor ’n bakkie inloop.

Die ongeluk het vanmiddag net na 13:00 in Jeppestraat gebeur.

Lede van die gemeenskapspolisiëringsforum was nog besig in die parkie agter OK Grocer in Mineralia waar ’n man vasgetrek is, omdat hy sy paroolvoorwaardes verbreek het, toe hulle uitgeroep word na ’n ongeluk aan die voorkant van OK Grocer in Jeppestraat.

Die bestuurder van die bakkie het op die toneel gesê dat die voetganger van die kant af in sy voertuig vasgeloop het. Videomateriaal wat getrek is van ’n paneelbordkamera het bevestig wat hy gesê het.

’n Mens kan duidelik sien hoe die man direk in die bakkie vasloop.

•Die onbekende voetganger het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button