News

Videomateriaal wys hoe oud-generaal en vrou beroof word

Rowers het vanmiddag net na 13:30 'n oud weermaggeneraal en sy vrou in die parkeerarea tussen Frank's Meat en die Midpark Sentrum in die Middedorp beroof.

Mnr. en me. Clive en Sue Giles wou hul dekordeerder by Multichoice in die Midpark Sentrum gaan haal, toe die boewe hulle oorval het.

Hul dogter, Lynn Kruger (van Johannesburg), was besig om met haar pa op die foon te praat, toe sy die gestoei hoor.

Kort daarna was haar ouers se fone af en het sy gedink hulle word gekaap. Lees die berig hier.

CCTV Videomateriaal vanaf Frank’s Meat het gewys dat die egpaar beroof is en gelukkig nie gekaap is nie.

Die Giles egpaar het na die naaste selfoonwinkel gery om ‘n simruiling te doen om hul kinders te laat weet hulle is veilig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button