News

Krokodil lê laag in Leeufontein

Op Leeufontein is daar ’n gevaarlike “stomp” in die water!

In dié plattelandse nedersetting word daar tans nie geleeuloop nie, maar geleeusnol, nadat ’n plathond Vrydag lêplek gekry het in ’n pan in ’n woonbuurt. Die pan het oor vyf erwe gevorm na mildelike reën die afgelope ruk in die area.

’n Nabye huiseienaar het die krokodil opgemerk en verskeie eende en hoenders het ongelukkig kennis gemaak met die reptiel.

Amptenare van die Sekhukhune en Ephraim Mogale munisipaliteite het reeds hande gevat met die Limpopo omgewingsdepartement om die krokodil te probeer vang.

’n Waaskuwing is intussen aan inwoners uitgereik om uit die area te bly tot die krokodil gevang is. Die krokodil sal ook troeteldiere vang.

Daar is ook ’n beroep op tradisionele leiers gedoen om nie erwe aan intrekkers aan te bied alvorens die krokodil gevang en na ’n veilige habitat verwyder is nie. Die versoek aan tradisionele leiers is ook gedoen om mense van vleilande en onherbergsame areas te hou.

Dis onduidelik waar die krokodil vandaan kom maar vloede weens die reën speel moontlik ’n rol.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button