Straatrower slaan kind in gesig vir sy fiets
Straatrowers het 'n jong seun in die gesig geslaan en daarna hom en sy maatjie van die fietse afgegooi en met die fietse weg gery.
Joe van Rooyen (voorsitter, Gemeenskapspolisiëringsforum Sektor 4) meld dat hy met die seuns (beide 11 jaar oud) gepraat het en dat hulle vir hom vertel het dat hulle in Lilian Ngoyistraat (Kanonkop) af gery het.
Twee mans het in die pad geloop en toe hulle verby probeer ry, het die een man die een seun op die fiets getakel.
Hy het die seun in die gesig geslaan en van die fiets af gegooi. Sy makker het die ander seun ook van sy fiets afgegooi en het hulle met die fietse weg gery,
Die twee seuns het agter hulle aan gehardloop tot naby die Klein Olifantsrivier, maar die booswigte het weg gekom.
*Lede van die GPF, asook van die Sektor 4 Radiogroep het die area gefynkam, maar die boewe is steeds soek.
