News

Inwoners draai teen die stakers/Residents speak out

The municipal strike which resurfaced on Tuesday, will be continuing this week, further delaying basic service delivery.

Waste build-up, water and power interruptions will likely continue and the deterioration of our town is already visible through failing infrastructure and the overwhelming stench of rotting garbage.

Www.mobserver.co.za speaks to several residents, who give comment on the ongoing strike and how it affects them.

•Die eens mooi, skoon en netjiese Middelburg is deur stakende munisipale werkers andermaal in ’n varkhok verander. Die dorp word verswelg deur die gemors wat in die sakekern ophoop en vanaf die rioolwerke kom ’n onuithoudbare stank aangesweef.

Die staking duur steeds voort.

www.mobserver.co.za het vir inwoners gevra wat hulle van die situasie dink.

Here’s what they have to say:

Anna-Marth Ott.

CEO of the Middelburg Chamber of Commerce and Inustry, Ms Anna-Marth Ott:

Steve Tshwete Local Municipality must work optimally to safeguard our jobs and businesses. MCCI urged the various parties to mediate in November 2021, we even offered our support, which was rejected. The municipality’s mediation process has clearly not solved the problem. Companies and jobs are in danger and the strike should be ended immediately before the situation becomes uncontrollable.

Farouk Suliman.

Eastdene patriarch and activist Mr Farouk Suliman:

It’s shocking that council is once again being held hostage by the employees. Heads of departments brought this upon themselves by succumbing to employee demands from the first strike in September. Council were supposed to implement its employment conditions by applying the no-work no-pay policy. We, the very ratepayers that contribute towards employee income, now have to endure these unwarranted breakdowns in service delivery. To stop this rot, a firm decision must be imposed and council should, with immediate effect, employ new manpower from the thousands of unemployed people in our local community. Council needs to send a clear massage to the strikers, there will be zero tolerance. If council gives in once again to the demands, this will never end.

Ernst Marais:

My siening is dat as hierdie ouens vir ’n besigheid moes werk en hulle was dalk ongelukkig, dan het jy of bedank of jou bek gehou. Maar hierdie werkers gaan nie deur die regte proses nie. Mens erken dat hulle wel probleme ondervind wat hulle graag wil aanspreek maar dan moet hulle die regte prosedure volg. Maar hulle mors ons geld en dit gaan nog almal affekteer. Die munisipaliteit gaan beleggers verloor, want hoekom sal hulle hulle geld na Middelburg toe bring. Daar is ook baie inwoners wat op ’n groot wyse finansieel bydra tot ons dorp wat eerder sal wegtrek. Dan verloor ons dorp daai inkomste. As dit aanhou, gaan ons soos Secunda opeindig.

Petro Knoetze:

Vullisverwydering is definitief ’n probleem. Behalwe dat dit lelik lyk, gaan ons weer terug na daai pes van vlieë wat oorneem. Dit hoort net nie so nie, dis nie ’n dorp wat goedkeuring kry vir finansies maar dan mors hulle so nie. En watter beeld dra hierdie dorp vir ons uit? En dan die frustrasie van jy het die munisipaliteit nodig, hetsy vir water en ligte en navrae… Dis werk wat gedoen moet word. Dit is ’n reg wat ons as inwoners toekom, wat werklik die dorp probeer mooi maak… kom mors hulle net op soos wat hulle wil, en almal dans na hulle pype. Nee, Middelburg is nie dit nie…”

Martie Prinsloo.

Martie Prinsloo:

Fire die hele lot – kan dalk die beste opsie wees, maar ek dink ons sit met ’n baie groter probleem. Iewers het die mensdom respek verloor vir mekaar en hulle eiendom asook selfrespek. Die trots in wat en hoe iets gedoen word is ook verlore. Dit is ons hele dorp se probleem, ons braak gal oor goed in plaas van om daadwerklike oplossings te vind. Almal wil gesien word as daar goed gedoen word in plaas van net dit te doen. Ons moet ophou om onsself op sosiale media goed te laat lyk en goed wat in die gemeenskap verkeerd is reg maak. Dit moet wees soos in die Bybel, die linkerhand het nie nodig om te weet wat die regterhand doen nie. Dit wat ons doen, doen ons omdat God dit van ons verwag en nie omdat ons dit vir onsself doen nie. Sodra mense van die eie ek ontslae raak sal dinge baie beter raak.

Marnus Uys.

Marnus Uys:

Dit is onaanvaarbaar. Die munisipaliteit is nalatig en dit wil voorkom dat hulle te bang is om die stakers in die bek te ruk.

Lenie De Jager.

Lenie De Jager:

It is a gross infringement on our rights. We pay a huge amount of money for these services and I think the Municipality should take control. It seems as if they are being led by their personnel rather than managing their personnel. If they can’t sort it out, get professionals to sort it out for them, or fire these people. We are paying for this service and we should get this service.

Christo van Zyl.

Christo van Zyl: 

Ek weet nie waaroor gaan die staking nie. Ons leef in moeilike tye soos Covid en baie dinge wat teen ons werk, soos stygende pryse. As sakeman het ek ’n aandeel in hierdie dorp. Ons werk hard vir ’n diens wat gelewer moet word, maar daar word nie vir ons ’n diens gelewer nie. Mense word salarisse betaal maar lewer nie ’n diens nie. Ons as sakemense betaal vir ’n diens wat nie gelewer word nie en moet buite kontrakteurs kry en hulle betaal om daardie dienste te lewer. Dit is baie onregverdig. Ons sal moet saam staan. Ons kan nie gemanipuleer en geboelie word nie. Ek wil nie baklei nie, maar ons sal om ’n tafel moet gaan sit en daar moet aan ons verduidelik word hoe die optrede geregverdig kan word.

Kobus Terblanche.

Kobus Terblanché:

Something is rotten in the State of Denmark (Shakespeare). Middelburg…literally and figuratively. Like a fish, from head to tail.

Derik Rowles:

“Ek is stomgeslaan. Ek weet nie hoe die kommunikasie met die stakers gewerk het nie. Wat het hulle gedink gaan gebeur? Ek was in ’n groot verleentheid toe ek vir ’n nuwe kollega in Middelburg vertel hoe wonderlik ons dorp is. Net daarna begin die staking en toe is daar berigte van sabotasie en intimidasie van mense wat probeer om te werk. My vraag aan mense wat sulke buitensporige hoë eise stel is ‘Waar dink julle gaan dit eindig?’”

David Ross:

“Dit is nie regverdig teenoor ons nie. Ons betaal vir dienste wat nie gelewer word nie. Ons is die kliënt, maar ons kry nie dit waarvoor ons betaal nie. Met die eerste staking het ons die werkers ondersteun, maar nou lyk dit dat dit net oor geld gaan vir hulle. As hulle nie wil werk nie, kan hulle gaan, daar is baie ander mense wat sal wil werk. Verlede week het hulle Donderdagaand gedrink by die munisipaliteit op pad huistoe het een van die stakers ’n groot ongeluk by Rex Kafee gemaak. Hoekom geld die arbeidswet nie vir almal van ons nie? Hulle wil hierdie ding nou te ver dryf. Wil hulle dan vir ewig staak? Hulle moet versigtig wees dat die gemeenskap nie teen hulle opstaan nie. As hulle aanhou om goed te brand en te beskadig, moet hulle pasop dat die gemeenskap nie vigilante groepe stig nie.”

Debra Sithole: 

“Ons weet nie meer wie om te glo nie. Ons weet nie watter kant is reg en watter kant is verkeerd nie en wie jok vir ons nie. Op die oomblik pla die strike my nie regtig nie want ek het nog nie probleme gehad nie.”

Johnson Seopela.

Johnson Seopela:

Quite frankly, I am annoyed by this strike, as an unemployed Mhluzi resident I have to pay rates and services every month, however, I am not receiving my due service delivery. The municipality needs to get its act together and do its job.

Thami Gazide.

Thami Gazide:

As residents of Mhluzi, we are frustrated with the leadership for not attending to this matter because this is bringing division amongst our different races that once stood proud together like a peacock. I’m frustrated that we cannot even access the municipality for public facilities, this weekend the Malope Village and Extension 5 had to survive without electricity since they could not report this to anyone. Even when the power came back yesterday evening some homes were left in the dark. The sewage in the streets is getting out of hand and causing a huge risk to the health of the community.

Tshegofatso Makitla.

Tshegofatso Makitla:

My main concern is the waste removal, it is a health concern wherever people are particularly in Mhluzi, where people don’t have bakkies to dispose of their own waste that is piling up. We also can’t access sport facilities. The Mhluzi rugby and cricket teams can’t practice and kids can’t go swimming. This makes it difficult to partake in recreational activities. The sad thing is there are no other alternative areas to play sports in the township other than municipal sports grounds.

Dawn van Beaalen.

•Dawn van Baalen (voorsitter, Mannaprojek en vrywilliger by talle ander organisasies):

“Ons dorp word beheer deur die stakers!” Sy sê toe sy vanoggend in die Middedorp gaan stap het, het daar oral riool in die strate afgeloop. “Dit is skokkend wat aangaan! Dink jy nie ons dorp word uitgelig omdat ons die dorp van die jaar was en alles goed gewerk het in Middelburg nie? ’n Skoon dorp, ’n skoon oudit. Ek worstel nogal daarmee.” Sy voel egter al lankal dat die munisipale werkers, hetsy dié in die kantore of dié wat buite werk, nie hul werk wil doen nie. Verlede jaar was ek een oggend vroeg by die munisipaliteit. Hulle het gesit en sop en vetkoek eet en was nie baie lus om my te help nie. Hulle dink hulle doen ons ’n guns. ’n Mens kan net vra: waar lê die probleem? Alles gaan oor wetteloosheid. As jy oor ’n rooi lig ry, dan moet jy tog weet jy kan ’n ongeluk veroorsaak. Kyk die korrupsie met die lisensies, die gemors met die Spluma-wet. Waar en wanneer gaan ons begin om die verrot te stop? Ons wil moedeloos word, maar ons mag nie. Ek het altyd gedink ons sal nie soos Zimbabwe word nie, maar ons het oornag so geword!”

Johan Rootman.

•Johan Rootman (Direkteur, Dark Earth Waste Management):

Ons munisipaliteit het ’n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap om ons dorp netjies en skoon te hou. Maar dit het nou, meer as ooit belangrik geword dat mense herwinning begin doen. Ek weet ons almal betaal vir dienste, maar wat maak ons dan nou as daar nie dienste is nie? Elkeen van ons maak deel uit van die gemors wat daar lê. Die plig lê ook by ons om skoon te maak. Dit is soos toe ons kinders was. As jy saam gemors het, moet jy saam skoonmaak. Daar is minder as 2% mense in ons dorp wat herwinning doen. Mense is gou om te kla en te baklei, maar wat kan jy of ek doen om dit te verander? Ek glo op die ou einde gaan herwinning maar die enigste oplossing wees om alles om ons skoon te begin hou. En ja, die munisipaliteit moet deel hiervan word deur die inwoners op te voed en meer te leer van herwinning!

Elna Lewis.

•Elna Lewis (sakevrou en vrywilliger by organisasies):

Ons almal het genoeg gehad. Ons betaal vrek baie vir dienste wat nie gelewer word nie. Ons betaal hulle salarisse. Waar het jy gesien jy betaal iemand sodat hy net kan doen wat hy wil? Ons het géén regte meer in ons dorp nie. Alles vrot, die paaie verval, wat weer veroorsaak dat ons duisende rande moet spandeer om voertuie reg te maak. Mense moet ompaaie ry in hul eie dorp! Ek het self ook nou weer ’n siekte opgetel met die kieme in die lug van die vrot hope oral. Die munisipale werkers is nou besig om te mors met ons. Ek voel hulle moet almal afbetaal word en dat daar van nuuts af weer begin moet word. Daar is duisende mense daarbuite wat vir enige salaris sal werk. As die mense gaan begin opstaan teen hulle, gaan hierdie lelik word!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Check Also
Close
Back to top button