News

Kan ’n hond saam braai? En ’n voël?

Kan ’n hond saam braai?

Natuurlik kan ’n hond saam braai, veral as dit ’n vredeliewende, gehoorsame, labrador is.

Wanneer die braaivleisvuur aangesteek word, kom lê Barbie eenkant en wag geduldig vir haar tjoppie.

En ’n voël?

Dis nie sommer so voël nie. Dis ons eie kuifkop houtkappers.

FOTO: Tobie van den Bergh.

Het op ’n middag in die sitkamer gesit toe daar ’n gefladder in die kaggel se skoorsteen is. Het na ’n gesukkel die skoorsteen los gekry en ’n kuifkop houtkapper bevry.

Sit Saterdag onder die ou wilgerboom en braai toe die twee houtkappers vatafstand op ’n bankie kom sit.

Daar word eers geraas, omdat ons so naby aan hulle huis is, waar die kleintjies roep. Maar toe begin die groot kosgee.

FOTO: Tobie van den Bergh.

Beide mannetjie en wyfie vang goggas en haas hulle na die honger kleintjies. Diep binne die boom is daar ’n getjirrrr….

Ons word eers van die bankie af bespied en dan verdwyn hulle met ’n skud van die lyfie, by die ronde gat in. Maar as ’n hond kan saam braai, kan ons kuifkoppe ook?

FOTO: Tobie van den Bergh.

Stukkies braaivleis word dankbaar opgeraap, in die grond rondgeruk en nes toe gedra.

En hoe hulle van hulle braaivleis? Raw, to extra raw!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button