News

Saboteurs met swart kar probeer verkeer ontwrig

’n Groep gewapende mans, in ’n swart voertuig, dwing trokke van die pad, hou die trokdrywers met wapens aan en dwing hulle om die vragte af te gooi.

Die modus operandi was gisteraand presies dieselfde as verlede week in Walter Sisulustraat.

Die mans het gisteraand met ’n swart voertuig voor ’n trokdrywer ingejaag en hom met ’n wapen teen die kop gedwing om sy vrag op die hoeke van Protea- en Springbokstraat (Kanonkop) af te gooi.

Daar is tot 01:30 vanoggend gewerk om die pad skoon te maak. GPF-lede het gehelp om die vrag steenkool van die padoppervlate te verwyder.

Joe Lourens (voorsitter, gemeenskapspolisiëringsforum sektor 4) sê hy is gisteraand omstreeks 23:30 gevra om hulp te verleen op die toneel.

Die trokdrywer het vertel dat ’n swart voertuig voor hom ingejaag het en hy genoop was om te stop. Gewapende mans het uitgespring en ’n wapen teen sy kop gedruk.

Hy is gedwing om die vrag steenkool in die pad af te gooi.

Weens die gewig van die vrag, het die sleepwa waarin die steenkool was, ook omgeval.

Mnr. Van Rooyen sê die swart voertuig het, terwyl daar op die toneel gewerk is, nader gejaag, foto’s van almal geneem en weer weg gejaag.

Van Wettens Insleepdienste het die trok se sleepwa weer opgetrek en lede van GPF Sektor 3 het met ’n TLB gehelp tot 01:30 om die pad skoon te maak.

Daar is tot 01:30 met ’n TLB gewerk om die steenkool uit die pad te verwyder.

Die steenkool kon groot verkeersontwrigtings Dinsdagoggend veroorsaak het, as dit nie vir almal se middernagtelike skoonmaakoperasie was nie.

•Met die gebeure in Walter Sisulustraat is die vragmotorbestuurder ook met ’n wapen teen die kop gedwing om sy voertuig dwars oor die pad te trek. Voordat hulle die vrag in die pad kon afgooi, het voertuie en noodgroepe aangery gekom en het die mans in hul swart voertuig weg gejaag.

•Dié voertuig is daardie selfde aand opgemerk voor die brandweer se deure waar dit só gestaan het dat geen brandweervoertuie sou kon uitkom nie.

•Drie voertuie wat aandag gegee het aan ’n elektriese fout se bande is ook Maandagaand stukkend gesteek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button