News

Seun wat deur rower in gesig geslaan is, kry sy fiets terug

Die seun wat oor die naweek deur ’n straatrower in die gesig geslaan is vir sy fiets, het sy fiets teruggekry.

Phillip Bredenhann (graad agt leerling van Hoërskool Kanonkop) en ’n vriend het Saterdag in Lilian Ngoyistraat afgery, toe twee straatrowers hulle oorval.

Die een rower het Phillip in die gesig geslaan, waarna altwee seuns van hul fietse afgegooi en die rowers daarmee weg gery het.

Hulle het agter die booswigte aangehardloop tot naby die Klein Olifantsrivier, maar hulle daarna uit die oog verloor. Gemeenskapspolisiëringslede van Sektor 4, asook lede van die Sektor 4 Radiogroep, het die area gefynkam, maar die rowers was skoonveld.

Lees ook: Straatrowers slaan kind in gesig vir sy fiets

Kort nadat die berig op www.mobserver.co.za verskyn het, het ’n inwoner laat weet dat hy die fiets in die pad naby die rivier opgemerk het.

Mnr. Joe van Rooyen (voorsitter, GPF Sektor 4) het hom soontoe gehaas, maar die fiets was skoonveld.

Min het hy geweet dat mnr. Hannes Struwig (80) op dieselfde tyd in die pad afgeloop het en die fiets opgemerk het. Hy meld dat die fiets langs die spoedwal naby die Klein Olifantsrivierbruggie gelê het. Hy het die fiets na hul huis by Rivierpark gevat en dit daar gestoor totdat hulle vanoggend die GPF in die hande kon kry.

•Mnr. Van Rooyen het vanmiddag die fiets vir Phillip gaan teruggee.

•Die seuns se name is nie oor die naweek bekend gemaak nie en het van die GPF-lede gesê dat dit gelyk het of die twee seuns sowat 11 jaar oud is. Hulle is egter 13 jaar oud.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button