News

Stakers se skote klap, kinders in koshuis vreesbevange

Daar was angs en trauma gisteraand tussen 19:00 en 21:00 by Hoërskool Middelburg se seunskoshuis, nadat 15 skote by die munisipaliteit afgevuur is, deur stakende munisipale werkers.

Mnr. Johan Stronkhorst, Hoërskool Middelburg se skoolhoof, het bevestig dat die seuns by Excelda koshuis bymekaar geroep is, kort nadat die skote omstreeks 19:00 afgevuur is.

Die angsbevange seuns is beveel om van die vensters af weg te bly en hul ligte so vroeg as moontlik uit te doof.

Mnr. Stronkhorst sê dat hy voel die skool nie geteiken is nie, maar dat veiligheidsmaatreëls vinnig getref moes word, om te verhoed dat enige koshuiskind of voog beseer word, deur moontlike dwaalkoeëls.

Die hulp van die polisie is ingeroep en daar is ook met behulp van die skool se beheerliggaam op Titon Sekuriteit en plaaslike raadslede se nommers gedruk vir bystand.

Stakers intimideer volgens mnr. Stronkhorst ook terreinwerkers wat sypaadjies om die skool skoonmaak.

Mnr. Stronkhorst sê dat dinge na 21:00 effens kalmeer het, nadat die polisie hard op stakers wat by die burgersentrum deurnag “kamp”, toegeslaan het. Vier stakers is gearresteer en daar is ook beslag gelê op 11 voertuie.

Die polisie se optrede gisteraand het stakers net meer millitant gemaak en sedert vroeg vanmore het groot getalle van hulle by die burgersentrum bymekaar gekom.

Alle hekke van die munisipaliteit word tans geblokkeer, nadat raadslede se voertuie, wat gister nog by die munisipaliteit kon inkom, deur stakers beskadig is.

Volgens bronne in die munisipaliteit is die sekuriteitsbeamptes van die munisipaliteit magteloos teen die stakers, wat die munisipale terrein oorgeneem het.

Raadslede van opposisiepartye in die raad is versoek om 10:00 met stakers te vergader.

Mnr. Stronkhorst sê dat die skool boonop vandag sy opedag het en dat die area wat agter die skool waar die seunskoshuis en sportvelde geleë is, vermy moet word.

“Ons het kinders wat voorberei vir eksamens en die staking het nou ’n impak op onskuldige kinders wat nie hierdeur geraak moet word nie,” sê mnr. Stronkhorst.

Provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdluli, sê geen kommentaar kan tans gelewer word op die arrestasies, of bewerings dat verskeie munisipale werkers se huise en voertuie gisteraand in Mhluzi beskadig is nie.

“Ons het tans ons hande vol en talle ondersoeke is aan die gang,” is al wat kolonel Mdluli wou sê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button