News

Twee bejaardes vermoor – vier agter tralies

Twee bejaardes is in hul woonstel in Carolina vermoor.

Bennie van Heerden, ’n familielid van een van die slagoffers het aan www.mobserver.co.za gesê dat ander bejaarde inwoners wat in dieselfde woonstelblok bly, begin bekommerd raak het, omdat hulle die paartjie lanklaas gesien het en besluit het om die polisie te ontbied.

Volgens inligting van die Carolina polisiewoordvoerder, sersant Thabang Mokwana, het die polisie met ’n ondersoek begin nadat die Onbekend gemeenskap Sondag ’n verdagte motor langs die Chrissiesmeerpad gerapporteer het. Die polisie het op ’n verlate blou Toyota Corolla afgekom, maar gesukkel om die eienaar op te spoor, omdat die nommerplaat nog op ’n ou adres geregistreer was.

Lees ook: Lewenslank vir plaasaanvallers – vrou praat oor nag van hel

Op 22 Februarie is die polisie vroegoggend na die woonsteleenhede in Voortrekkerstraat ontbied deur bekommerde inwoners. Hulle het toegang tot die bejaardes se woonstel gekry, nadat hulle vasgestel het dat die traliedeur en voordeur nie gesluit is nie. Daar het hulle op die liggame van Renier Lense (83) en Leonore Steenkamp (64) afgekom.

Dit is tans onduidelik hoe hulle vermoor is. Volgens inligting het mnr. Lense sigbare wonde gehad wat aandui dat hy met sy moordenaars in ’n geveg betrokke was. Me. Steenkamp het egter geen sigbare wonde gehad nie en ’n nadoodse ondersoek sal moet bepaal hoe sy vermoor is.

Lees ook: Semi-outomatiese geweer tydens onwettige jag op Carolina plaas gekonfiskeer

Dit het toe aan die lig gekom dat die vermoorde paartjie die eienaars van die verlate motor is, na wie die polisie Sondag gesoek het. Dit blyk ook dat daar ’n vuurwapen gebuit is tydens die moord.

Die Carolina polisie het nie gras onder hul voete laat groei nie en ’n grootskaalse ondersoek geloods.

Hulle het later op dieselfde dag as wat die liggame gevind is, daarin geslaag om vier verdagtes tussen die ouderdomme van 18 en 30 te arresteer. Die vier mans staar klagtes van moord en roof in die gesig. Hulle het nog nie hul eerste hofverskyning gemaak nie. Die ondersoek duur tans voort.

Mnr. Van Heerden sê dat hy gehoor het die Valke was ook betrokke by die ondersoek en dat Nigeriërs op een of ander manier met die moord verbind word.

Daar was nog nie begrafnisreëlings bekend teen druktyd nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button