Mans wat afleweringklere dra teiken spaarwiele
Twee mans wat afleweringsklere dra het die afgelope drie dae reeds by twee besighede toegeslaan om spaarwiele te steel.
Mnr. Carel Jonker het ‘n pandjieswinkel in Rivierstraat en het die twee mans Dinsdagmiddag kort vor etenstyd gewaar.
Hulle het hemde gedra van twee verskillende afleweringsbesighede en met mekaar gesels toe hulle uitstap.
Minute later het sy sekuriteitswag, wat ‘n paar minute etenstyd gevat het, aangehardloop gekom.
Hy het vir mnr. Jonker gesê dat die mans, wat kort vantevore in die winkel was, mnr. Jonker se bakkie se spaarwiel gesteel het.
“In die tyd dat ek besig was met ‘n ander kliënt, het hulle ‘n voertuig agter my bakkie gestop en die spaarwiel onder die bakkie losgeskroef.
Hy het ‘n diefstalsaak by die polisie geopen en die CCTV videomateriaal vir die polisie gewys.
*Vroeër vandag het me. Jennifer Mayger ‘n Facebookplasing gemaak waarin sy gesê het dat hulle ook haar voertuig se spaarwiel probeer steel het.
Sy het ook gemeld dat hulle klerasie van afleweringsbesighede aangehad het.
Me. Mayger het egter gesê dat hulle in haar geval drie mans wat saamgewerk het.

