News

Inbrekers sit diefwering op skool se dak

Inbrekers wat gister in die vroeë oggendure ingebreek het by Laerskool Kanonkop het ’n vreemde ding gedoen deur die vensters se diefwering op die skool se dak te sit.

Mnr. Riaan Kruger (hoof) sê die booswigte “het baie tyd” gehad om in te kom en te steel met die krag wat af was.
Boonop slaan dit hulle dronk dat die booswigte sover gegaan het om die diefwering op die skoolsaal se dak te sit.

Die boewe het toegang tot die skool gekry deur ’n paneel van die palissadeheining aan Kleuterskool Kabouterland se kant oop te breek. Van daar af het hulle deurgeloop na die skool.

Die krag was af tydens die inbraak en dit het die boewe genoeg tyd gegee om hul breek- en steelwerk te doen, sonder dat die alarm afgegaan het.
By die finansiële kantore is die diefwering voor die venster afgebreek om in die kantoor in te gaan.

Vier rekenaars en gedeeltes van rekenaars is gesteel.

“Gelukkig is al die belangrike inligting wat ons nodig het, op ’n skootrekenaar.”

’n Veiligheidshek is ook oopgebreek om by die kluis van die skool uit te kom.

“Ons het ’n swaargewig kluis en alhoewel hulle hom probeer oopsny het met ’n kantsnyer, kon hulle nie inkom nie. Ons moet net die skade herstel.”

Nadat hulle gevat het wat hulle wou, het hulle op een of ander manier teen iets opgeklim om die diefwering op die skooldak te sit.

•Mnr. Kruger raam die skade van die artikels wat gesteel is en alles wat reggemaak moet word, op sowat R100 000.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button