News

Seun soek afsluiting na skietery wat twee eis

Meer as 20 jaar nadat 'n man sy vriendin en homself in 'n deurloop geskiet het, probeer sy seun sy verlede soos 'n legkaart, stukkie vir stukkie, bymekaar sit.

Gerhard Swart is nie skaam om te sê wie sy pa was nie: Fanie Swart, die man wat op 22 Oktober 1991 sy vriendin, Emily-Hass Neethling, geskiet het en daarna selfmoord gepleeg het in die Nedbank Arkade.

Mnr. Swart was ‘n haarkapper by Elite Mans Haarkappersalon.

“Ek wil klaar maak daarmee. Ek was 11 jaar oud en in ‘n weeshuis. Ek het net ‘n dag later gehoor hy is dood en ‘n paar dae later wat hy gedoen het.”

Die berig wat in 1991 oor die skietery verskyn het.

Hulle was vyf kinders. Sy ouers het in Kempton Park gebly. Hy kan nie eers onthou wat sy ma se naam was nie, want hy was nog nie eers ‘n jaar oud nie, toe hulle weggevat is.

“Die welsyn het ons weggevat, omdat ons in ‘n VW Beetle gebly het. Ek het mos net vir haar ‘Mamma’ gesê.”

Die foto wat mnr. Gerhard Swart van sy ma het. Hy weet nie wat haar naam was nie.

Hy onthou dat sy ma dood is toe hy net ses jaar oud was. Al vyf die kinders was by haar begrafnis.

Sy twee sussies is deur een gesin aangeneem. Hy en sy twee broers het grootgeword in weeshuise.

Weens hul omstandighede, het hy sy pa nie baie gesien nie, maar hy weet dat hy ‘n paar maande voor die moord by sy pa kom kuier het.

Gerhard Swart as klein seuntjie toe hy by sy pa in Middelburg kom kuier het.

“My pa was nie ‘n aggressiewe ou nie. Toe ek stout was, het hy my nie eers geslaan nie. Elke persoon het ‘n breekpunt en ek dink my pa is net gedryf tot by sy breekpunt. Ek weet egter wat Pa gedoen het, was verkeerd. Hy moes dit nie gedoen het nie.”

Mnr. Swart weet nie of dit weens hul omstandighede was nie, maar onthou dat hy as kind baie stout was. Hy is in standerd vyf na ‘n nywerheidskool in Heidelberg gestuur.

“My kop het geraas en so klein as wat ek was, wou ek nie luister nie.”

In die nywerheidskool was daar streng dissipline “en dit het beter gegaan met my. Ek het morele waardes geleer en was onderhoofseun in matriek.”

Mnr. Fanie Swart wat op 22 Oktober 1991 sy vriendin, Emily-Hass Neehtling, en toe homself in die Nedbank Arkade geskiet het.

Mnr. Swart sê dit is wel belangrik dat dinge van die verlede in die verlede bly, maar hy sou graag net bietjie meer detail oor sy ouers wou kry.

“Dalk ‘n identiteitsnommer van my pa, dan sal Binnelandse Sake presies vir my kan sê wie my ma was en wanneer hulle getroud is.”

Albei sy broers is oorlede en hy weet sy een suster is in die Kaap. Hy het ook nie kontak met ander familielede nie.

Mnr. Swart sê hy het “net ‘n klip in die bos gegooi om die Observer te bel,” en was dankbaar toe die koerant die voorbladberig van 1991 vir hom kon opspoor en ‘n bietjie meer detail oor sy pa kon kry.

“Ek het aangegaan met my lewe en ‘n sukses daarvan gemaak. Ek wil net meer weet van my ouers.”

• Mnr. Swart doen ‘n beroep op enige persoon wat dalk sy pa of selfs sy ma geken het, om hom te bel by 083 562 1083….

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button