News

Middelburgers uitgenooi om in massas saam te staan teen vernietiging

Die groep, “Dis nou Genoeg”, wat reeds ook met regsaksies begin het om die chaos waarin Middelburg gedompel is te stop, gaan voort met die vergadering om 18:00 by die Kees Taljaard Stadion.

Die organiseerder, mnr. Arhtur Hill, het gesê dat hulle besig is met die finale beplanning van vanaand se vergadering, maar dat die hoofdoel is om die stille massa, die inwoners van Middelburg, die geleentheid te gee om standpunt in te neem, teen die vernietiging van die dorp.

Mnr. Hill sê dat daar nog aksies sal volg, maar dat dit nie sonder die ondersteuning van die dorp se inwoners gedoen kan word nie.

Mense gaan waarskynlik ook geleentheid kry om hul gevoelens te verwoord, maar dit gaan nie ’n vergadering wees waar politici hulle beuel gaan blaas nie.

Intussen blyk dit asof daar groot belangstelling in vanaand se saamtrek is, met tot inwoners van die Vergeet My Nie Wooneenhede, wat aangedui het dat hulle die vergadering wil bywoon, maar nie oor vervoer beskik nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button