News

Vrou sê 18-jarige is eintlik skuldige een

’n Vrou het vanoggend na vore gekom en gesê dit is nie die 26-jarige wat die 18-jarige saamgevat het na die toneel toe om artikels op ’n erf in die industriële gebied te vat nie, maar net mooi andersom.

Die vrou (wat verkies om anoniem te bly) het beweer dat sy “die ware inligting het rakende die saak van die jongman wat gearresteer is in verband met die skrootstaal.”

Sy het gesê die man is 26 jaar oud en die voertuig waarmee hy gery het nie vervalsde nommerplate op gehad het nie, maar dat die voertuig nog op die handelaar se naam is.

“Hulle het nie staal van die masjiene af gesteel nie. Die staal was in twee Skippy’s wat op die leë erf langs die werkswinkel gestaan het.” ’n Skippy is ’n groot industriële asblik.

Lees ook: Koeëlvaste baadjie en dwelms gekry na jaagtog

“Die 18-jarige mannetjie is die een wat vir die jongman vertel het waar dit was en hy het hom gevra om hom soontoe te vat.

”Na aanleiding van die koeëlvaste baadjie wat tydens ’n vorige geleentheid in sy voertuig gekry is, het sy gemeld dat dit “’n oud-SAP (polisie) uitreiking was, wat opgetel was in die veld. Ek het dit persoonlik gerapporteer en daar is gesê dat dit ou toerusting is en dat ons dit maar kan verbrand.”

Sy het dit ook duidelik gestel dat hy nie weg gejaag het nie, maar na ’n kompleks gery het om sy vriendin daar af te laai by haar ma.

•Cornelius Petrus Jacobus de Vaal het gister in die hof verskyn. ’n Diefstalklagte word ondersoek. Borg van R300 is toegestaan en is die saak uitgestel na later hierdie maand vir verdere ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button