News

Vyf in hof na Carolina egpaar se moord

Mense het reeds buite die hof op Carolina saamgetrek waar vyf verdagtes in die hof verskyn op die moorde van Leonore Steenkamp (64) en Renier Lense (83).

Me. Steenkamp en mnr. Lense se liggame is op 22 Februarie in hul woonstel in Voortrekkerstraat, Carolina, gekry nadat hul bure onraad vermoed en die polisie ontbied het.

Hul blou Toyota Corolla is reeds op 20 Februarie op die Chrissiesmeerpad opgespoor, maar die polisie kon nie dadelik die eienaars in die hande kry nie, omdat die geregistreerde adres verouderd was.

Daar is betroubaar verneem dat pangas tydens die moord gebruik is.

Lees ook: Twee bejaardes vermoor – vier agter tralies

’n Familielid van me. Steenkamp, mnr. Bennie van Heerden, het later gesê dat hulle verneem het dat Nigeriese dwelmhandelaars op een of ander manier met die misdaad verbind word.

•Tydens die eerste vier se verskyning het inwoners buite die hof betoog en gesing: “No bail, no crime!” asook “Crime has no colour!”.

•Volgens ’n WhatsApp, wat deur die polisie op Carolina saamgestel is, verskyn vyf verdagtes vandag in die hof waar hul borgtogverhoor sal voorkom.

Hulle is: Sboniso Nkosi (23), Sabelo Innocent Langa (22), Promise Nxumalo (22), Njabulo Glen Shongwe (20) en Sandile Shepard Nkambule (19) sal Maandag 07 Maart 2022 in die landdroshof in Carolina verskyn vir ‘n formele borgtogverhoor.

•Die mans staan tereg op klagtes van moord en roof, asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button