News

Takslang hier gevang!

’n Takslang wat eintlik net in die Laeveld en warmer gebiede soos Loskop, Groblersdal, Steelpoort en KwaZulu Natal voorkom, is in Middelburg gevang.

Mnr. Phillip Bothma (Middelburg/LimPuma Herpetologiese Vereniging) het dié giftige slang in Lebombostraat (Aerorand) gaan vang. Victor Boshoff (voorsitter Middelburg/LimPuma) sê hulle was verstom toe die mense ’n foto stuur en dit ook self geïdentifiseer het as ’n giftige Takslang.

“Daardie slang kom glad nie in Middelburg voor nie. Iemand het hom óf onwettig aangehou en hy het uitgekom, óf hy het in ’n voertuig vanaf Limpopo of Natal af ’n rygeleentheid gekry.”

Die slang is afgeneem toe hy sy kop by die plante uitsteek en kon hy geïdentifiseer word as ’n Takslang.

Victor sê dat daar géén teëgif is vir die slang nie.

“Sy gif is hemotoksies, wat beteken dat hy jou liggaam se bloedstollingsmeganisme aanval en jy jou kan doodbloei. Pasiënte wat deur ’n takslang gepik word, moet ’n bloedoortapping kry.”

Hy meld dat die slang gesond is en dat daar klaar vir hom ’n mikroskyfie ingesit is.

Die Herpetologiese Vereniging sal hom gaan loslaat in ’n area waar hy natuurlik voorkom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button