News

BMW bestuurder steeds op vrye voet

Al weet die polisie wie die man is wat die silwer BMW bestuur het wat vir Rocky van der Nest se dood verantwoordelik was, is hy steeds nie gearresteer nie.

Rocky is op 2 Oktober 2021 raakgery in Keiskammastraat toe hy oor die pad wou loop om pizzas te gaan koop. Die bestuurder van die silwer BMW het uitgeklim, maar toe die mense uit die huise kom en begin nader loop, het hy in sy voertuig gespring en weg gejaag.

Vroeg die volgende oggend het Rocky weens sy beserings gesterf.

Die polisie het intussen die voertuig in Midrand opgespoor, maar die eienaar van die voertuig is ’n vrou en sy het nie die aand van die ongeluk die voertuig bestuur nie.

Sy familie doen gereeld navraag by die polisie oor wanneer ’n moontlike arrestasie sal volg, aangesien daar reeds aansoek gedoen is vir ’n lasbrief vir arrestasie.

Hulle het hierdie week gesê dat daar tydens hul jongste navrae gesê is dat dit “’n sensitiewe saak is en dat ’n arrestasie moontlik eers ’n bietjie later sal volg.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button