News

BackaBuddy help fondse insamel vir Melinda se mediese kostes

Met die hulp van die bekende BackaBuddy organisasie is daar reeds fondse geïn vir Melinda Morsner se mediese uitgawes weens velkanker.

Melinda, ’n bekende skoonheidsterapeut op Middelburg, het verlede week reeds operasies ondergaan, maar het al Woensdag weer van haar kliënte gehelp, “want daar is rekeninge om te betaal!”

Die familie het hulle tot die BackaBuddy organisasie gewend, omdat sy nie ’n mediese fonds het nie en die vooruitgeskatte mediese uitgawes kort duskant R100 000 sal wees.

Melinda het in November 2021 ’n moesie op haar bors ontdek “wat steekpyne gemaak en gejeuk het. Ek is na ’n velspesialis, wat ’n biopsie gedoen en weggestuur het. ’n Week later het hulle my laat weet dit is ’n melanoom (velkanker).”

Sy het ’n afspraak gemaak met dr. Pieter du Plessis, wat spesialiseer in die verwydering van velkankers.

Vroeg hierdie jaar het alles baie vinnig gebeur.

“Hulle was nie seker of dit al versprei het na my limfkliere nie en die limfkliere onder albei my arms is verlede week verwyder. Gelukkig het hulle gesien dat die kanker nog nie versprei het nie en hoef ek nie ’n onkoloog te gaan sien nie.”

Die operasies is gedoen in die Club Surgical Daghospitaal in Hazelwood (Gauteng). Sy het nog nie die rekeninge van die spesialiste, hospitaal en skanderingskostes ontvang nie.

“Met die kwotasies vooraf is bepaal dat dit ’n minimum van R65 000 en ’n maksimum van R94 000 kan kos.” Boonop moet privaat konsultasies en haar vervoerkostes ook nog bygereken word.

Melinda het elke kliënt, vriend en familielid bedank wat reeds bygedra het vir die fonds. Daar is reeds R82 700 inbetaal, “nadat my pa, Hendrik, hierdie week ook R30 000 inbetaal het. Ek kan net dankie sê!”

•Melinda sê BackaBuddy hanteer alle inbetalings.

•Persone wat nog bydraes wil lewer, kan net op die skakel ingaan en die instruksies volg: https://www.backabuddy.co.za/melinda-morsner

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button