News

Motorfietsryer se verklaring geneem oor man wat hom met 9mm dreig

Die man wat sy lot bekla het by www.mobserver.co.za omdat die polisie nie ’n saak wou open, nadat ’n man hom Saterdag na bewering met ’n 9mm gedreig het, het laat weet dat sy verklaring uiteindelik geneem is.

“Baie dankie vir www.mobserver.co.za. Die polisie was hier en alles het goed afgeloop,” het mnr. Heinrich van Aswegen gesê.

Mnr. Van Aswegen het vertel hoe ’n swart BMW sy motorfiets voor aankomende verkeer probeer indruk het in Lilian Ngoyistraat.

Die oomblik toe hy stop om te vra waarom hy dit doen, het die man ’n 9mm teen sy bors gedruk en aggressief op hom geskree. Hy het gedink hy “gaan in die straat doodgeskiet word.”

Lees ook: Eienaar van swart BMW gesoek: “Ek het gewag om in straat doodgeskiet te word”

Hy is dadelik na die Middelburg Polisiestasie, maar die persoon in die aanklagkantoor was nie behulpsaam nie en wou nie ’n verklaring neem nie.

Www.mobserver.co.za het die polisie se provinsiale mediakantoor gekontak, nadat mnr. Van Aswegen vertel het wat gebeur het, waarna alles baie vinnig gebeur het. Minute nadat ons gekontak is vir mnr. Van Aswegen se nommer, is hy geskakel en ’n afspraak gemaak.

Lees ook: Ons spoor man met wapen op

•Polisielede het hom gister gaan sien en ’n volledige verklaring afgeneem. Hulle het hom ook uitgevra oor die lid wat nie behulpsaam was nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button