News

Ooggetuie sien hoe BMW ’n motorfiets van pad probeer dwing en man wapen uitpluk

’n Ooggetuie het na vore gekom na die gebeure Saterdag waar ’n swart BMW ’n motorfiets voor aankomende verkeer wou indruk en ’n wapen later uitgepluk is.

“Dit is presies net soos mnr. Heinrich van Aswegen vir julle gesê het. Dit het alles voor my oë gebeur,” het mnr. Wouter Clarke pas gesê.

Mnr. Clarke, sy vrou en drie kinders was Saterdag laatmiddag in op pad om iets by ’n restaurant te gaan eet, toe hy opmerk dat daar iets aan die gang is voor hom in Lilian Ngoyistraat (Kanonkop, Middelburg).

Hy het ’n ent agter die BMW gery en gesien hoe die voertuig op die motorfiets afjaag.

“Voor die brug het dit gelyk of hy die motorfiets van die pad af in die aankomende verkeer in wil stoot. Na die brug het dit weer gebeur.”

Mnr. Clarke sê hy het ook opgemerk hoe die motorfietsryer (mnr. Van Aswegen) by die verkeerlig stop en van sy motorfiets afklim.

“Die BMW sowat 30 meter agter hom in die middel van die pad gestop en het die bestuurder uitgespring. Dit het gelyk soos ’n Kaizer Chiefs hemp wat hy aanhet. Ons het ook gesien dat hy iets in sy regterhand agter sy rug hou. Die oomblik toe ek sien die man van die motorfiets loop na die BMW toe, het ek gestop om te kyk wat gebeur.”

Alles het hierna baie vinnig gebeur.

“Die oomblik toe die motorfietsryer naby die BMW kom, het die man die wapen uitgeruk. Alhoewel die motorfietsryer met sy rug na ons toe gestaan het, het ek duidelik gesien hoe die man met die wapen hom in die gesig klap en ons kon hoor hoe hy tekere gaan.”

Mnr. Clarke het daarna opgemerk hoe die man van die BMW se vrou of vriendin uitspring, hom terugstamp na die kar se rigting toe en hulle met rollende bande om die motorfietsryer jaag en regs draai in Beyers Naudestraat.

“Ek het vir die motorfietsryer gevra of hy orraait is en hy het gesê: ‘ons sal dit nou uitsorteer.’ Dit is toe hulle gery het polisiestasie toe.”

•Weens skok het mnr. Van Aswegen gedink dit is ’n Fortuner wat by die verkeerslig gestaan en die insittendes moontlik alles sien gebeur het. Mnr. Clarke sê hy ry egter ’n Ford Ranger Dubbelkajuit bakkie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button