News

Die lelike gesig van grondonteiening

Boere van die Doornkop area het hulle kommer uitgespreek oor die verval van infrastruktuur op plase in die omgewing.

Tydens ’n besoek deur www.mobserver.co.za aan die Doornboom plaas, het die joernaliste ’n ontnugterende werklikheid beleef, toe die plaashuis wat eens aan die Viljoen gesin behoort het, geplunder is.

Die reuse huis moes op ’n tyd soos ’n oase uit die vlaktes verrys het.

Met ons aankoms is daar opgemerk dat die dak heeltemal gestroop was van sy teëls. Wat ’n jacuzzi moes wees is stukkend geslaan. Die res van die huis was erger.

Die hart van enige plaashuis was ’n tradisionele kombuis, groot genoeg om die hele familie te onthaal. Kombuiskaste is stukkend gekap en wat oorbly is gelos om te vrot. Die enigste tekens van ’n vorige huislewe was twee rusbanke in die kamers en leefarea tussen bourommel. Die swembad, wat 250 000 liter kan hou, is toegegroei van die gras en ’n lieflike onthaalarea en braaikamer is vernietig. Voerkrale, meule, kweekhuise en skure is geplunder en oorgelaat aan die elemente, en die lande word aan ’n plaaslike mielieboer verhuur.

Die vraag wat almal vra is: Waarom die vernietiging?

Die laaste paar jaar is verskeie ekonomies lewensvatbare strukture eenvoudig verneitig.

Die polisie lapa waar groot funksies aangebied is waaronder troues, is tot op die grond afgebreek. Melkstalle, ’n skooltjie en voermeule is stuk-stuk weggedra, tot daar niks oorgebly het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button