Buiten bekende kunstenaars soos Lute Vink en Kobus Möller wat hulle fynere kunsies geleer het, is daar bedags ongelooflike wildlewe skilderye op hul esels geskep en in die nagte tot laat om die kampvure gekuier.
Marika van Wyk kort nadat sy met haar kunsstuk begin het.
•Kimburu Boskamp is 25km buite Middelburg op die N11 geleë. Daar is ’n familie-, asook dubbelkamer, boma chalets en kampering met eie geriewe (sonder geriewe).
Een van die netjiese kamers by Kimburu Boskamp.
Verder is daar ’n swembad en ook diere en voëls soos perde, meerkatte, volstruise wat by die kamp te siene is.
“As jy net wil kom ontspan, sonder die lawaai van die daaglikse gejaag, is hierdie die plek om te wees,” het eienaar, Retha Coetzee, gesê.
Vir meer inligting, bel Retha by 082 494 4596.
•Van die kunstenaars se besondere voltooide werke is met www.mobserver.co.za gedeel.
Nog ’n kunswerk van Lute Vink wat die kunstenaars in vervoering gehad het.
•’n Berig oor die naweek se uitkamp kan ook gesien word in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.
Die wêreldbekende Lute Vink het ’n paar van sy kunswerke soos dié een uitgestal.Die voltooide skildery van Johanna Botha.Ds. Marius Nel se voltooide skildery.Pieter Wentzel se kunswerk.Annatjie Smith aan die werk.’n Skildery uit die hand van Lute Vink.Die wêreldberoemde kunstenaar, Kobus Möller, se kunswerke was ook op uitstalling.Anél Schulze voor haar esel aan die werk.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.