News

Boere laat pad op eie koste herstel

Met die onlangse reën, asook die munisipale stakings, het die Delta Bravopad, wat uitdraai vanuit die N11 (Loskoppad) net voor die Keeromspruit, totaal onrybaar geraak omdat geen instandhouding gedoen is nie.

Die pad het letterlik in ’n nagmerrie hindernisrit verander en was dit duidelik dat iets gedoen moes word.

Bykans al die boere wat plase en plotte het op dié pad, het bydraes gelewer en self toegesien dat die pad herstel word.

Hulle het ’n padskraper ingehuur vanaf Coastal Hire om skraapwerk aan die pad te doen.

Die pad was van so ’n aard dat voertuie skade opgedoen het.

“Ons wil graag dankie sê aan Coastal Hire, veral vir Jaco Hattingh, die bestuurder.”

Die boere het genoem dat die masjienoperateur “verseker weet hoe om ’n pad te skraap!”

Met die baie reën was die pad een moddermassa.

Daar is gemeld dat die pad wel nog kleigrond kort, maar dat hulle vir nou darem met hul gewone voertuie op die pad kan ry.

•Die Delta Bravopad is ’n geregistreerde munisipale grondpad.

Alhoewel die pad nog kleigrond kort, is hy darem al rybaar vir gewone voertuie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button