News

Kierie keer bejaarde nie om self skoon te maak nie

’n Groep senior burger mans van Rivierpark Aftree-oord kon nie meer vaskyk in die lang gras voor die oord nie en het self ingespring en skoongemaak.

Met die munisipale staking het die gras op die sypaadjie buite beheer begin groei en vir die inwoners was dit ’n aaklige gesig voor hul netjiese oord.

Jimmy Koekemoer kom aangestap met die kruiwa nadat hy nog ’n vrag gras afgelaai het.

Daar moes ’n plan gemaak word en die mans (waarvan een met ’n kierie!) het self die gras gesny, vullis opgetel en alles weggevat.

’n Voorbeeld vir elke inwoner van ons dorp!

Chris Klopper sny paaie deur die lang gras.
Jimmy Koekemoer, John Clarke en Stompie Liebenberg aan die werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button