News

Wys jou steun vir down sindroom en outisme met kleurvolle kouse

Trek jou groen, rooi of bont kouse aan en wys jou ondersteuning vir kinders met down sindroom, outisme of ander spesiale behoeftes op 17 Maart!

 

In die lig van Down Sindroomdag op 21 Maart en Wêreld Outisme Dag op 2 April word daar ‘n gesamentlike ondersteuningsdag vir alle kinders met spesiale behoeftes gereël op 17 Maart.

Elyn Viljoen (mosaïek down sindroom) saam met Moya die emosionele werkers hond) Moya is Elyn se hond, wat sy geborg het Vir haar skool Lume Dei. So laat sy al die kinders van die skool net so help soos Moya vir haar gehelp het. Moya is ‘n labrador.

Kleuterskole, skole en besighede word uitgenooi om op dié dag hul kleurvolste kouse aan te trek om te wys hulle ondersteun hierdie spesiale kinders.

Boonop staan deelnemers aan hierdie dag die kans om hul foto’s te sien op www.mobserver.co.za of dat dit in die Middelburg Observer gepubliseer word.

EJ Vermeulen, Hernand Bezuidenhoudt, Ruben Müller en Rico Broodryk,

Stuur net jul foto’s na daleen@mobserver.co.za of 084 503 1863. (Name en vanne moet foto’s met 20 of minder persone of kinders op vergesel). Maak seker ‘n mens kan die kouse op die foto sien!

Me. Leilani Rossouw (hoof, Lume Dei Sentrum, Middeburg) nooi ouers met alle kinders wat spesiale behoeftes het om op die meegaande skakel in te gaan en die vorm in te vul. Die vorm is beskikbaar hier.

Vir meer inligting rakende die bewusmakingsdag, bel Leilani by 084 503 1863.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button