News

Spookstem in Langkloof huis sê duidelik: ‘Claire’

Wie is ‘Claire’ en wat het sy te doen met die ‘spookhuis’ op Langkloof?

Is dit dalk die vrou wat destyds saam met haar man in dié huis vermoor is?

Phoenix Paranormal South Africa het hul eerste video van hul ekspedisie by dié huis op die Langkloof plaas buite Middelburg bekend gestel.

Die groep het gaan ondersoek instel met hul toerusting of daar wel paranormale bedrywighede in en om die huis is en het duidelike geluide en gromme gehoor.
In die video hoor jy onder andere die woorde: “demon” verskeie kere word gesê “help” en “help my”.

Lees ook: Langkloof spook ‘lag’, stem roep: “Help my!” 

Uit oorlewering het dit dat ’n vrou in die spensgedeelte van die huis vermoor is. Die oomblik toe hulle in die spens vra of daar enigiemand is en wie sy is, kon ’n mens die woord “Claire” hoor.

Phoenix Paranormal South Africa het die video: “The Haunting of Langkloof Farmhouse, Part 1” goedgunstiglik vir www.mobserver.co.za beskikbaar gestel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button