News

Bly weg van slange! Antiserum tekort

Alhoewel daar genoeg antiserum is vir noodgevalle, het die Afrika Slanbyt Instituut in ’n Facebookplasing gesê dat daar ’n tekort is aan antiserum vir giftige slangbyte.

Middelburg se bekende slangvanger, Victor Boshoff (voorsitter, Middelburg/Limpuma Herpetologiese Vereniging) het bevestig dat hulle Maandag in kennis gestel is van ’n moontlike tekort.

“Dit is egter glad nie iets om oor paniekerig te raak nie. Ons sien baie min slangbyte en ek glo daar sal genoeg antiserum wees vir ernstige gevalle.”

Hy meld dat hy persoonlik by die instituut navraag gedoen het, en is daar vir hom gesê dat hulle die afgelope tyd besig is om al hul prosesse te evalueer om te bepaal of alles nog op standaard is.

“Daar word nou net nie ekstra geproduseer nie.”

Die Afrika Slangbyt Instituut Facebookplasing het gesê dat dat daar tans nie voorraad is vanaf die vervaardigers van die antiserum nie. Verder dat hulle onlangs 15 botteltjies antiserum nodig gehad het vir ’n ernstige pofadderbyt, maar dat daar nie voorraad beskikbaar was nie.

Victor sê dit is wel so dat ’n pasiënt soms 10 tot 15 ampules antiserum toegedien moet word, soos byvoorbeeld vir ’n mamba- of pofadderbyt.

“Dit alles hang af hoe die pasiënt gepik is en die tyd wat verloop het.”

Hy sê hy is bekommerd oor die lede van die herpetologiese vereniging se slangvangers wat die grootste risikos loop om gepik te word as hulle slange vang.

“Ons vang tans geweldig baie slange.”

Hy het egter gesê dat die slanghanteerders goed opgelei is en altyd baie verantwoordelik optree.

“Daar sal beslis antiserum beskikbaar wees, sou iemand gepik word in ons omgewing.”

Hy meld dat die giftige slange in ons omgewing, waarvoor antiserum nodig is, die volgende insluit: pofadders, swartmambas, rinkhalse, mosambiekse spoegkobras en boskobras (laasgenoemde vanaf Loskopdamarea).

Alhoewel Middelburg nie swartmambas se natuurlike habitat is nie, is daar die afgelope paar jaar al verskeie swartmambas in en om die dorp gevang.

• By navraag aan mnr. Hennie Viljoen (bestuurder, Life Midmed Hospitaal), het hy gesê dat hy nie weet van enige antiserum tekorte nie. Hy het ook bevestig dat hulle baie min slangbyte inkry en dat hulle beslis antiserum vir ’n pasiënt sal kry, sou dit nodig wees.

• Mnr. Boshoff het ’n video beskikbaar gestel van een van hul slanghanteringskursusse waar hulle lede opleiding gekry het hoe om pofadders te hanteer.

https://www.youtube.com/shorts/0L9Z56AKee4

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button