News

Veediewe vergruis 23 lammers se koppe met stokke

Gewetenlose veediewe het 23 skaaplammers met stokke langs ’n treinspoor doodgeslaan.

Mnr. Nico Uys sê dat die skaapkraal sowat 50 meter van sy huis geleë is en dat sy honde omstreeks 21:00 aan die blaf gegaan het, maar hy het nie gereageer nie, omdat hy ’n nagwag het, wat op die plaas rondstap en die honde aanhits.

Sy boerdery is tussen Belfast en Dullstroom geleë.

Altesaam 25 ooie, 23 lammers en agt ramme is gesteel.

’n Spoor is later ontdek en het die soektog na die treinspoor naby die plaas gelei. Daar is 23 dooie lammers, wat met stokke doodgeslaan is, al langs die treinspoor langs gevind.

Mnr. Uys sê dat die lammers se koppe met stokke vergruis is.

Die skape is deur sy plaashek, oor die teerpad na die treinspoor gelei. Die sindikaat het die skape ongeveer vyf kilometer verder spoorlangs na hul bakkies gevat.

Mnr. Uys sê die lammers was almal sowat twee weke oud. Hy vermoed dat die lammers plek-plek spoorlangs doodgeslaan is, omdat hulle die veediewe terug gehou het.

Daar is die week ook op twee ander plase in die omgewing toegeslaan.

Hy sê dat daar die week meer as 200 skape in die Belfast, Dullstroom en Carolina omgewing gesteel is. Daar was geen arrestasies nie.

Die skade beloop meer as R200 000.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button