News

Sensuswerkers met slang gedreig

Sensuswerkers op Middelburg is al met ’n slang gedreig en moes vlug toe inwoners kwaai honde op hulle losgelaat het.

Geen wonder sensus 2022 kom nie klaar nie.

Keelvol inwoners maak dit moeilik vir sensuswerkers.

Veral in ’n dorp waar daar vir byna vier maande geen dienslewering was vanaf die Steve Tshwete Munisitpaliteit nie, weens ’n staking van munisipale werkers, is die algemene vraag: “Hoe gaan die sensus dienslewering verbeter, as daar in elk geval geen dienslewering is nie.”

Inwoners moes Vrydag weer gefrustreerd in lang toue wag, terwyl munisipale werkers by die lisensie afdeling besig was met ’n “vergadering”.

Daar word gekla dat dit net ’n verskoning is om nie te werk nie.

Die algemene gevoel onder inwoners is dat die werkers na drie maande se sit en niks doen nie, in elk geval nie nou bereid gaan wees om te werk nie.

Die sensus kan aanlyn voltooi word by https:/getcounted.statssa.gov.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button