News

Vier Kanonkop stoptekens deur vandale uit grond gepluk Sondagaand

Vier stoptekens is Sondagaand in Olienhoutstraat en Zebralaan in Kanonkop uit die grond geruk.

Wyksraadslid Helda de Klerk sê dat daar op veiligheidsgroepe gesê is dat drie jong tienerseuns in die omgewing opgemerk is.

Sy sê dat die stoptekens uit die grond verwyder is en teen woonhuise se mure neergegooi is. Dit is nie gesteel nie.

Twee is in Olienhout uitgehaal en twee in Zebralaan.

Sy sê dat daar op ’n vorige geleentheid ook stoptekens in Loeriestraat verwyder is. In die Loeriestraat voorval is munisipale wetstoepassers uitgeroep deur me. De Klerk nadat inwoners haar in kennis gestel het van ’n groep tienerseuns wat by die straat afbeweeg het.

Verkeerstekens wat nie uit die grond verwyder kon word nie, is afgebreek en op die grond gegooi.

Wetstoepassers het gaan aanklop by ’n huis in die straat waar ’n partytjie gehou is. Die pa van die seun wat verjaar het, het hulle in kennis gestel dat daar ’n groep ongenooide seuns opgedaag het, waarna hy hulle verjaag en die hekke gesluit het.

Wetstoepassers vermoed dat dit die ongenooide groep was wat verantwoordelik was vir die skade.

Mr. De Klerk sê nie net is die verwydering van verkeerstekens ’n reusegevaar vir motoriste nie, maar dat dit ook ’n kriminele oortreding is. Sy waarsku ouers dat hulle ook krimineel vervolg kan word as verkeerstekens in hulle huise opgespoor word.

“Dit is opsetlike saakbeskadiging en diefstal en ons vra dat ouers asseblief bedag sal wees,” sê sy.

Sy waarsku ook dat indien vandale verbind kan word aan diefstalle van verkeerstekens waar daar gevolglik ernstige motorbotsings, of selfs sterftes, veroorsaak is, klagtes kan eskaleer en selfs tot langtermyn tronkstraf kan lei.

“Ons vermoed dis kattekwaad wat ernstige gevolge vir die oortreders kan inhou”.

Me. De Klerk vra dat inwoners met inligting oor die sondebokke, dit aan haar sal rapporteer. Inwoners word ook gevra om foto’s en videos van die vandalisme en diefstalle te neem. Me. De Klerk kan gekontak word by 083 264 7780.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button