News

Dwelmverslaafdes by Middelburg Stasie verjaag

Johan Janse van Rensburg het genoeg gehad van dwelmverslaafdes, leeglêers en haweloses!

“Ons sakemanne moet begin saamstaan! Ons kan nie meer toelaat dat hulle ons dorp so bemors en almal besteel nie!” het hy kwaad uitgeroep.

Een van die verslaafdes het twee dae gelede by die Oppie Stasie Karwas ingestap, op die bankie gaan sit en homself met dwelms ingespuit.

Hy het ook al bykans drie keer ’n verslaafde verjaag wat sit “en dwelms rook met daardie glaspypies.”

Vanoggend het hy en sy span ’n hawelose, wat na alle waaskynlikheid ook ’n verslaafde is, se beddegoed en gesteelde artikels aan die buitekant van die stasie se palissadeheining gaan optel en die polisie gebel.

Mnr. Janse van Rensburg sê hy het omtrent agt selfone en talle selfoonomhulsels en selfoonbeskermers in ’n sak tussen die hawelose se goed gekry.

Kort nadat hulle alles verwyder het, moes hulle die polisie kry toe die verslaafde opdaag en hulle begin treiter.

Buiten die probleme met die verslaafdes wat openlik dwelms gebruik, is daar byna daagliks mense wat sommer langs die stasie se palissadehening die plastiek van koperpype afbrand.

Hulle tel ook elke dag hope gebruikte kondome naby die ingang op.

• Mnr. Janse van Rensburg het die jongman wat homself met dwelms gespuit het, se ma gebel met die hoop om hom te help. Sy het gesê sy was voorheen van Middelburg, maar bly nou in Rustenburg.

Sy het gepleit dat mnr. Janse van Rensburg haar seun moet help, want weens die erge dwelmgebruik het hy al ’n beroerte gehad en sy een arm is lam. Volgens haar is hy ook baie siek.

“Hy wil egter nie gehelp word nie!” het hy kwaad gesê.

• Die Middelburg Stasie is nie die enigste plek in die dorp waar haweloses en verslaafdes daagliks gesien en ’n probleem geword het nie.

Twee het onlangs sommer op die Middelburg Observer se stoep gelê en slaap.

By die Tosca Sentrum word hulle gereeld verjaag en langs die Constantia Hotel lê hulle in groepe snags en slaap.

Stop jy by ’n verkeerslig, is daar altyd iemand wat met ’n bordjie staan en bedel, hetsy vir drank- of dwelmgeld.

• Die span is tans besig om lemmetjiesdraad op te sit waar die dwelmverslaafdes in die hoek teen die palissades in die nagte geslaap het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button