News

‘Funky’ kouse om bewusmaking van down sindroom en outisme te ondersteun

Die snaakse kousfoto’s stroom steeds in.

Me. Leilanie Rossouw (Lume Dei Sentrum, Middelburg) het aan die stuur gestaan van die aksie waar gevra is dat die gemeenskap, van kleuterskole tot besighede, snaakse kouse op 17 Maart moes aantrek.

• Daar is verlede week al hordes foto’s ingegestuur. Sien foto’s hier.

Laerskool Dennesig het ook ’n spesiale kousdag gehou.

 

Die agente van Huizemark het almal oranje kouse aangetrek. Voor: Ronel Leonard, Hantie Fryer, Chrizelle Fryer, Chantel Gericke. Agter: Leticha Rivas.

• Almal word herinner aan die optog na die onderwysdepartement op 1 April as deel van ’n landwye bewusmakingsaksie vir outisme en aandaggebrek-hiperaktiwiteitsversteuring (ADHD). Daar is geen mediese of ander ondersteuning vir kinders wat hieraan ly nie, aangesien hierdie toestande nie gesien word as ’n gestremdheid nie.

• Die optog in Middelburg word tussen 09:00 en 10:00 gehou en almal kom om 08:45 by SADCstraat 67 byeen, vanwaar hulle sal afstap tot by die onderwysdepartement net laer af in die straat.

Vir meer inligting, bel me. Rossouw by 084 503 1863.

•Wêreld Down Sindroomdag was op 21 Maart en Wêreld Outisme Bewustheidsdag is op 2 April.

•’n Volledige berig oor outisme en nog foto’s kan gesien word in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

’n Groepie leerlinge van Laerskool Dennesig se oulike kouse.
Mini Explorers Pre-School.
Een-Treetjie-Voor se kleuters het spoggerige kouse gedra vir hul down sindroom maatjie, Riley Boonen.
Gabrielle de Lira met haar kleurvolle kouse tydens die dresseer skou by Stunovarian Equestrian.
Nio de Lira (Stunoverian Equestrian dresseer skou).
Die personeel van die Einstein Akademie Babasentrum: Agnes Malau, Rose Skhosana, Hilda Mogola, Ansie Meintjes, Nomsa Motau, Kedi Mamaile en Lizzy Mkhabela.
Die Momentum, Midlands kantoor wys hul ondersteuning. Juanita Harmse, Amelia Eksteen, Alan Botha, Amanda Bodenstein, Kailyn Smith, Susan Smook, Charné Dirker en Deanne Sloane.
Die atlete van die Middelburg Marathonklub het in kleurvolle kouse hul tydtoets op 17 Maart gehardloop. Voor: Kobus Olivier, Lynn en Raymond van Rooyen, Brayon Coetzee. Agter: Des Jelliman, Wouter du Plessis, Christa de Beer, Zander Claassens (voete in lug), Anton Nieuwoudt, Alet Pretorius, Loretta Power, Reta Claassens, Fransie du Toit, Magda Pretorius en Nadia Claassens.
Die kleuters van Kleuterskool Mickey Mouse se oulike kouse.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button