News

Van prag na graf

“Van prag na graf!” . ’n Emosionele Vic Louw sluk-sluk wanneer hy oor die verval van sy eens spog huis praat.

Hy is die vorige eienaar van die huis op ’n plaas in Doornkop omgewing, wat binne maande deur vandale gestroop is.

Mnr. Louw sê dat dit soos ’n dolk deur sy hart gesteek het, om te sien hoe die paleis, wat hy met sy eie hande gebou het, toegelaat is om te verval.

Die Middelburg Observer het onlangs berig hoe die Doornboom plaas, heeltemal gestroop is.
Die lande word tans aan ’n plaaslike mielieboer verhuur.

Mnr. Louw vertel dat hy in die 1980’s die plaas besit het, voordat hy dit verkoop het aan die Viljoens. Die plaas het Omega Veevoere bedryf en het gespog met ’n melkery, verskeie voerkrale en ’n verpillingsaanleg.

Die huis se oppervlakte strek oor die 1000 vierkant ’n meter, met asemrowende onthaalvertrekke soos ’n pizzaoond, braaiarea, en ’n swembad wat 250 000 liter water kon hou.

Toe die boerdery in die Viljoens se besit was, is die grond kommersieel bedryf, met verskeie voerkrale, tamatie tonnels en ’n meule, totdat ’n man die Viljoen egpaar aangeval en hulle die plaas verkoop het.

•Mnr. Louw het foto’s gedeel van die paleis toe dit nog instand gehou is. Intussen is die dak gestroop van sy teëls, die vensters is uit die mure gepluk, ’n jacuzzi en die kombuis is stukkend gekap en alle boumateriaal is weggedra.

’n Foto van die plaashuis soos hy voorheen gelyk het. Verskaf deur Vic Louw.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button