Geliefde dokter Piet van Schalkwyk oorlede
Ons dorp se geliefde dr. Piet van Schalkwyk (73), het gistermiddag die stryd teen kanker verloor.
Sy vrou, Delana, sê hy is op 17 Januarie vanjaar met maagkanker gediagnoseer. Kort voor dit was hy nog elke dag op sy pos by die praktyk.
Die gesin is tans nog besig om begrafnisreëlings te tref.
Dr. Van Schalkwyk kan net beskryf word as ’n legendariese ikoon met wat hy vir Middelburg se pasiënte en gemeenskap beteken het.
Hy was vir jare die superintendent van die Middelburg Hospitaal en in praktyke saam met dr. Theo Smit en Kootjie Cillié en die afgelope meer as 10 jaar saam met dr. George Bronkhorst.
Die personeel by die praktyk het hom beskryf as “’n mentor vir almal, wat graag sy kennis gedeel het. Hy was ’n regverdige, no nonsense mens.”
