News

‘Geklink soos ’n walvis’ toe seekoei voor hom opkom

Anton Botha het vir www.mobserver.co.za gaan wys waar hy gistermiddag die drie seekoeie, ’n bul, koei en kalfie, in die Klein Olifantsrivier gesien het.

“Dit het geklink soos ’n walvis toe die seekoeibul hier reg voor my opkom!” sê hy.

• Ten minste twee seekoeie is die afgelope drie dae deur ander mense langs die rivier gesien, maar nader aan die area waar Willem Janse van Rensburg se lyk in November 2017 gevind is.

Dié area is tussen die korrektiewe dienste en die laagwaterbruggie.

Die hawelose Willem se arm was afgeruk en het hy waarskynlik weens bloedverlies gesterf.

Mnr. Louis Swiegers wys die seekoeispoor langs die rivier vir die joernalis.

Daar is destyds beweer dat ’n krokodil sy arm afgebyt het en daar was selfs mense wat gesê het dat hulle ’n krokodil in die area gesien het.

• Anton het videos verskaf van die seekoeie wat hy in die rivier gesien het.

Lees ook: Daar is drie seekoeie in die Klein Olifantsrivier agter koerant geboue

• Mnr. Louis Swiegers, wat naby die Klein Olifantsrivier bly, het ook een van die seekoeie oor die naweek gesien en vir die joernalis en die Dierebeskermingsvereniging hul spore gaan wys.

• Daar is duidelike seekoeispore en platgetrapte plekke gevind waar die seekoeie in en uit geklim het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button