News

Eis kom na man met glas in gesig geslaan is

Dirk Kotze (40), die man wat in die vroeë oggendure van 12 Maart met ’n glas in die gesig geslaan en ’n ernstige oogbesering opgedoen het, is tans by sy advokaat waar daar begin sal word met ’n siviele aksie.

Die aksie sal wees teen die jong man wat hom die betrokke aand in die parkeerarea op die hoek van Cowen Ntuli- en Walter Sisulustraat met die glas geslaan het.
Dirk was besig om bakleiers uitmekaar te haal, toe die jong man hom van die kant af met die glas in die gesig geslaan het.

Sy ma, Susan, het vanoggend gesê dat daar verlede week ’n operasie in die Millpark Hospitaal gedoen is, waar daar vel van agter sy oor verwyder is om die ooglid, wat oor sy oog gaan, te probeer herstel.

Lees ook: Ooggetuies vertel wat gebeur het waar man se oog onherstelbaar beseer is met glas

“Daar is net hierdie groot gat…” het sy gesê.

Sy meld dat Dirk more weer die spesialis by die Millpark Hospitaal moet gaan sien, sodat hulle kan kyk na die plek waar die vel oorgeplant is.

“Daar lê nog verskeie operasies voor.”

Alhoewel die dokter die oogbal kon red, weet hulle nie of Dirk ooit weer die gebruik van sy oog gaan hê nie.

Me. Kotze sê sy “weet nie hoe daardie jongman wat dit gedoen het, in die nag slaap nie. En ek glo ook nie die storie dat sy drankie gedokter is nie. Dan sou hy nie kon doen wat hy gedoen het nie.”

Lees ook: Grafiese inhoud: lang pad na herstel lê voor vir man wat met glas geslaan is

Die besering wat haar kind opgedoen het, hou hulle almal wakker en sy weet dat hy ook deur ’n traumatiese tyd gaan.

“Hy het die hele tyd erge pyn en moet skedule pynmedikasie neem.”

’n Mens hoor die hartseer in haar pyn as sy vertel dat haar kind se lewe “heeltemal omgekeer is. As hy bestuur, moet hy sy hele kop draai om te kan draai. Hy ly ook erg finansiële verliese omdat hy nie nou kan werk nie en boonop moet hy kort-kort Pretoria toe ry om by die dokter uit te kom.”

• Sy het gemeld dat die dokter ’n verslag vir die advokaat sal saamstel rakende die oogbesering. Hy sal ook die saak hanteer as ’n klagte geopen word by die polisie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button