News
Seekoeie vanaf aksiekrieket se stoep gesien
Die seekoeie wat Middelburg op hol het, is Dinsdagaand vanaf die stoep by die aksiekrieket geboue gesien.
Mense het hulle in die vlei net onderkant die gebou gesien.
• Mnr. Bernard van der Berg (voorsitter, Middelburg Dierebeskermingsvereniging) sê hulle het gisteraand al die plekke besoek waar die seekoeie al gesien is, om hul bewegings te monitor tot die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap (MTPA) die diere kan verdoof en verwyder.

Die seekoeie, ’n bul, koei en kalfie, was egter nêrens te sien nie.
• Enige persoon wat die seekoeie weer afgeneem het, kan die foto’s per WhatsApp stuur na 072 248 3855 of mnr. Van der Berg by 082 769 0227. Hy vra dat mense presies moet aandui waar hulle die seekoeie gesien het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
