News

Seekoeie word volgende week gevang

Die drie seekoeie wat sedert die naweek in die Klein Olifantsrivier in Middelburg heen en weer loop, sal moontlik vroeg volgende week gevang word.

Mnr. Ertjies Röhm (Wildbestuur, MTPA) het begrip vir almal se bekommernis oor die seekoeie, ’n bul en koei met ’n kalf.

Die seekoeie is Saterdag die eerste keer naby die Korrektiewe Dienste en die laagwaterbruggie gesien.

Sondag het hulle geskuif na die diep gat agter die Middelburg Observer kantore waar ’n hengelaar hulle opgemerk het.

Maandagaand het hulle opbeweeg tot by die Merriespruit by Koppiestraat, af tot by Lovers Corner verby en is in die veld in en agter die vulstasie in Mhluzi gesien.

Dinsdagaand het mense wat aksiekrieket gespeel het, hulle vanaf die stoep afgeneem, toe hulle in die veld agter die Observer gestaan en wei het.

Gisteraand was hulle agter 4SAI waar hulle langs die diep watergat gestaan en wei het.

Mnr. Röhm sê hy besef die verwydering van die diere is ’n hoë prioriteit, weens die gevaar wat hulle inhou vir mens en dier, “want as jy een skiet, moet jy al drie skiet.”

Hy het egter gemeld dat die seekoeie verskeie hoë prioriteit gevalle in die provinsie is.

Talle mense het voorgestel dat mnr. Deon Cornelius (van uBhetyan) betrokke raak by die skuif van die seekoeie en hy het gesê dat hy bereid is om dit te doen.

Mnr. Röhm sê hy kan dit ongelukkig nie toelaat nie, omdat die seekoeie nie verdoof mag word nie. “Verdowing wat werk op ’n rooibok, laat ’n seekoei vrek. Ons kan hulle nie laat verdoof nie. Buiten die feit dat hulle kan teruggaan water toe en verdrink as hulle verdoof word, is die verdowingstof self dodelik vir die diere.”

Hy het genoem dat hulle al 30 jaar ervaring het waar dit kom by die skuif van seekoeie.

Hy verduidelik dat die seekoeie “passief” gevang sal word. Eers sal ’n elektriese heining opgesit word om die area waar die seekoeie gevang moet word. Daarna sal hulle die diere uitlok met voer waar ’n boma, wat ’n staalkonstruksie is, opgesit is. Vandaar word hulle in trokke gesit en afgevoer Nelspruit toe.“

As ’n seekoei baie aggressief is tydens die laai- en skuifproses, word daar net ’n kalmeermiddel vir hulle ingespuit.”

• Hy het verneem die vermoede bestaan dat die seekoeie op pad is na die Middelburgdam en sê dat dit fyn gemonitor sal word.

Daar word steeds gevra as mense die seekoeie sien, om mnr. Bernard van der Berg (voorsitter, Middelburg Dierebeskermingsvereniging komitee), wat die diere namens die MTPA monitor, te bel by 082 769 0227.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button