Drie Middelburg deelnemers het gister die Ysterman kompetisie in Gqeberha saam-saam voltooi.
Boonop was dit twee gemeentelede en predikant van die Hervormde Noord gemeente.
Ouderling Herman van Niekerk, gemeentelid Cobus Fourie en ds Colin Hertzog, het ook vir dieselfde liefdadigheidsorganisasie deelgeneem.
Dit was Cobus se 39ste Ysterman.
Omdat die toestande te gevaarlik was, is die swemgedeelte gekanselleer, maar die fietsryskof is in gietende reën voltooi.
Colin het vanoggend gesê dit was ongelooflik spesiaal dat hulle die Ysterman saam kon klaarmaak en dat hulle ook van een gemeente is. In ’n stemposboodskap het Cobus gesê hy is baie seer, maar is dankbaar om te kon klaarmaak. Herman was reeds op pad terug na Middelburg.
Hermie Pienaar van www.mobserver.co.za gaan in die Middelburg Observer vir lesers vertel hoe het die dorp se ander deelnemers gevaar.
