News

Jong man sterf op motorfiets 200m vanaf huis

Avonturier, natuurliefhebber en tophengelaar Jaco van Wyk (18) het gisteraand, kort voor 19:00, in ’n motorfietsongeluk in Lilian Ngoyistraat (Kanonkop, Middelburg) gesterf.

Die ongeluk het op die draai van die dorp se kant af, net ’n klein entjie voor die spoedwal gebeur.

Sy familie vermoed dat hy hom misgis het met die draai, met die water van die reën op sy valhelmskerm, en die feit dat die ligte in daardie gedeelte van Kanonkop af was.

Die gesin het gister teruggekeer vanaf die Suid-Afrikaanse hengelkampioenskappe in Gqeberha (Port Elizabeth) en was nog besig om uit te pak.

Jaco wou gou ’n vriendin gaan groet en was op pad terug na hul huis in Blesbokstraat toe die ongeluk gebeur het. Hy het op die toneel gesterf.

Hy word deur sy familie en vriende beskryf as platjie wat altyd reg was met ’n grappie.

• ’n Roudiens word Vrydag om 10:00 uit die Corpus Christi Kerk gehou.

• Een van sy vriende, Jaco Brits, het dié boodskap op Facebook vanoggend geplaas: “Gister toe ek die boodskap kry dat jy hemel toe is, was ek verstom, hartseer en kwaad. Hoekom twee boeties (vriende) op die 3de April verloor ’n jaar uitmekaar? Maar ekke weet God het ’n doel met alles. Jy was my appy, my vriend en my broer! Spyker my bul, ry daai golden Highway soos ’n champLove you my Yster!”

• Jaco was met sy 1200cc BMW in die ongeluk.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer. More »
Back to top button