Seekoeie weer terug agter krieketklubhuis
Die dorp se seekoeie is gisteraand weer agter die krieketklubhuis in die Klein Olifantsrivier gesien.
Dit nadat die seekoeibul, koei en kalfie Donderdag agter Eastdene stalle opgemerk is en baie mense gedink het hulle is op pad na die Middelburgdam.
Mnr. Bernard van der Berg (voorsitter, komitee Middelburg Dierebeskermingsvereniging) het weer gevra dat die gemeenskap hom moet bel wanneer hulle die seekoeie opmerk. Hy het ook gevra dat mense so ver as moontlik van die rivier af moet bly, aangesien seekoeie uiters gevaarlik is.
Mnr. Van der Berg het vanoggend in die toring by die brandweer geklim om uit die lug uit te kyk of hy die seekoeie in die rivier opmerk. Hy kon egter geen beweging in die water sien nie.
• Enige persoon wat die seekoeie opmerk, kan ’n WhatsApp stuur na 072 248 3855 of bel mnr. Van der Berg by 082 769 0227.
