Senior B-seksie gholfspelers sak op buiteklub toe vir interprovinsiale toernooi
Die Middelburg Buiteklub speel die week gasheer vir die 2022 B-seksie Senior en Super Senior Interprovinsiale Gholftoernooi.

Die prestige gholftoernooi word deur die Mpumalanga Golf Unie in samewerking met GolfRSA en die SA Gholf Federasie aangebied.
Maandag se oefenrondtes en tradisionele vlaghysing is egter deur onophoudelike reën gekortwiek en alle openingsverrigtinge moes binnenshuis aangebied word.
Die 11 spanne, ses van agt spelers met hul spanbestuurder, en vyf van vier spelers met hul spanbestuurders, se aankoms is met ’n doedelsak-blaser aangekondig, met die nasionale volkslied wat verrigtinge afgeskop het.
Die Oostelike Provinsie, Mpumalanga, Vrystaat, Ekurhuleni, Noord-Wes, Noord-Kaap en Grens neem aan die toernooi deel.
https://www.youtube.com/watch?v=SlyxYdvKeAs
