Is daar ses seekoeie in die Klein Olifantsrivier?
Is daar ses seekoeie in die Klein Olifantsrivier?
Www.mobserver.co.za is pas gekontak deur ’n man wat homself Godfrey noem, wat gistermiddag omstreeks 16:00 drie seekoeie, in die rivier by Botshabelo gesien het.
Volgens hom het hulle naby die bruggie waar die Ndbele Huisies is, uitgeklim en gewei.
Vir mnr. Bernard van der Berg (voorsitter, Middelburg Dierebeskermingsvereniging komitee) klink dit vir hom baie onwaarskynlik.
“Die drie seekoeie wat die afgelope tyd in Middelburg in die rivier op en af beweeg, is laasnag 02:00 weer agter Eastdene gesien.”
Daar is vir hom gevra of daar ’n moontlikheid kan wees dat dit drie ander seekoeie kan wees, waarop hy net sy kop in ongeloof geskud het. Hy het gesê dat dit nie onmoontlik kan wees nie en dat hulle beslis dit sal ondersoek.
• Lede van Mid Alarms en mnr. Van der Berg hou die seekoeie se bewegings dop om te kyk dat hulle na ’n veilige area beweeg, sodat die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap hulle kan vang.
