News

Ses pypbarste in twee weke!

Die bestuurder van die Dierebeskermingsvereniging, senior inspekteur Petro Oberholzer, sien rooi, omdat hulle sukkel met waterprobleme in Mineralia.

“Ses pypbarste in twee weke! Waar het jy dit gesien? Ek gaan dit verder vat. Water is jou basiese reg! Ons kan nie die DBV se hokke was nie en ek moet water aanry om net basiese dienste by die DBV en by my huis, wat op die perseel is, te kan verrig. Maak hulle die pyp op een plek reg, bars hy more net weer of bars net ’n entjie verder. As hulle die pype moet vervang moet hulle dit doen, maar dit kan nie so aangaan nie.”

Hulle is drie personeellede wat op die perseel bly.

“Verlede week het hulle die pyp kom oopmaak en is ons aanmekaar beloof dat die water sal deurkom. Eers die volgende oggend het ’n raadslid van die Vryheidsfront kom kyk en toe het hy gesien dat hulle nooit die klep oopgemaak het nie!”

Sy het gemeld dat die hele Mineralia deur die waterprobleem ten opsigte van pype wat voortdurend bars, geraak word.

• Snr-inspekteur Oberholzer was nie die enigste wat vanoggend gekla het nie. ’n Inwoner van Clubville het vanoggend vir raadslid Jos Pretorius gevra dat hy moet rapporteer dat die water in Eeufeesstraat afstroom nadat ook daar ’n pyp gebars het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button